Deens (taal)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Deens is 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal met ongeveer 5,5 miljoen sprekers. Dit is die amptelike taal van Denemarke en een van die amptelike tale van Groenland en van die Faeröereilande. Daar woon ook in die Noord-Duitse gebied Sleeswijk-Holstein 'n klein Deenssprekende minderheid.

Deens is nou verwant aan die ander twee vasteland-Skandinawiese tale, Noors en Sweeds. Die drie tale is onderling redelik verstaanbaar. Dene, Nore en Swede gebruik onderling dan ook dikwels 'n soort 'interskandinawies', waarby veral Dene dikwels hulle uitspraak aanpas omdat die uitspraak van Deens sterk verskil van die geskrewe vorm.

Deens word geskryf met die Latynse alfabet, waaraan na die z drie tekens toegevoeg is: Æ/æ, Ø/ø en Å/å. Hierdie word as aparte letters gesien. Die letters q, w, x en z word byna nooit gebruik nie.

In teenstelling met Noors en Sweeds is Deens nie 'singerig' nie, dit is geen toontaal. Kenmerkend van Deens is die betekenisonderskeidende glottisslag (glottal stop, in Deens stød).

Omdat Denemarke, soos Nederland, 'n belangrike seevaartnasie was (en nog steeds is), is daar in die Deense woordeskat 'n paar duidelik Nederlandse invloede te vinde. So kom woorde soos borgmester (burgermeester) en skomager (skoenmaker) direk uit Nederlands.

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Deens (taal)


Vir woordeboekinligting, sien die bladsy Deens op WikiWoordeboek
Indo-Europese tale: Germaanse tale
Noord-Germaanse tale:
Deens | Faroëes | Nynorsk en Bokmål (Noors) | Yslands | Sweeds
Wes-Germaanse tale:
Afrikaans | Duits | Engels | Fries | Jiddisj | Luxemburgs | Nederlands | Nedersaksies | Skots
Oos-Germaanse tale:
Boergondies | Goties | Vandaals